Quantcast
Channel: padwoede | GeselsVersekering
Viewing all articles
Browse latest Browse all 4

Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!!

$
0
0

Hier is padwoede op die R59 by die Boy Louw-afrit  by Vereeniging rigting Meyerton (19 Junie 2018).

Let op die wit bakkie in die regterbaan voor my wat, sodra hy langs die kar aan sy linkerkant kom, goeters begin beduie en hom letterlik uit sy baan uit dwing en dan ook rem trap. Toe hy daarmee klaar is wou hy weer regs gaan want daar ry ‘n groot trok voor ons in die linkerbaan en so amper het hy voor my ingery alhoewel ek bedag was daarop. Ek stuur hierdie ook aan adv. Jonck by Arrive Alive.

Dit is haas tyd dat goeie kameras (wat nommerplate kan ‘lees’) voorsien moet word aan motoriste wat bereid is om hierdie inligting deur te stuur na die betrokke owerhede sodat die dood van die pad verwyder kan word.

Hierdie insident was skaars verby toe steek ‘n voertuig my aan die linkerkant verby en sny voor my in by die Houtkopweg-afrit terwyl ons 120/125 km/h ry met stadiger voertuie in die linkerbaan!. Kyk hoe hy die spasie van my volgafstand drasties verminder na NUL. Dit is skaars ‘n km verder!!. Hierdie R59 is ‘n nagmerrie maar ek het goddank by Meyerton afgegaan!! Ek stuur hierdie video ook apart aan.

Groetnis,

Peet.

The post Die pad is nie die plek vir diegene sonder selfbeheersing!! first appeared on GeselsVersekering.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 4

Latest Images